# Gholf: Xander Schauffele het sy eerste titel van die jaar gewen nadat hy een hou voor Max Greyserman in die Baycurrent Classic by die Yokohama Buiteklub in Japan geëindig het. Dis die Amerikaner se eerste PGA-oorwinning sedert die Britse Ope verlede jaar. Schauffele het op 19 onder syfer geëindig na ‘n sewe onder syfer laaste rondte van 64 met agt voëltjies en een brou-hou. Hy was twee weke gelede lid van die Amerikaanse span wat die Ryderbeker verloor het, en het in 2021 Olimpiese goud in Tokio gewen.