Skip to content

Dlamini-Zuma loof wyle ambassadeur Mthethwa se nalatenskap van ubuntu [KLANK]

# Die voormalige minister van Buitelandse Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het die afgestorwe Suid-Afrikaanse ambassadeur na Frankryk, Nathi Mthethwa, geloof vir sy nalatenskap van ubuntu. Dlamini-Zuma het tydens die gedenkdiens deur die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking gesê Mthethwa se wedloop was kort, maar met impak. Sy het sy intellek, nederigheid en diens geprys en gesê hy sal onthou word as een van die ANC-helde wat Suid-Afrika se demokratiese reis gevorm het:

ENG-Dlamini-ZumaOnMthethwa