# Rugby: Twee Suid-Afrikaanse spanne, die Bulle en die Stormers, is boaan die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer voor die begin van die derde ronde. Albei spanne het hulle eerste twee wedstryde gewen, maar die Bulle is eerste na twee bonuspunt-oorwinnings teen die Stormers se een. Die Stormers speel vanaand teen Scarletts in Llanelli, Wallis, terwyl die Bulle môreaand in Ierland teen Ulster speel. Die Haaie speel môre teen die verdedigende kampioen, Leinster, ook in Ierland, terwyl die Leeus in Italië is vir hule wedstryd teen Benetton.
Rugby: Bulle en Stormers is boaan VRK-punteleer voor derde ronde
