# Die Stad Kaapstad sê vennootskappe met organisasies soos die Fietsryerbemagtiging-netwerk en die Trapkragvereniging versterk en beklemtoon die boodskap van gedeelde verantwoordelikheid op die pad. As deel van die metro se Nasionale Vervoermaandprogram, is ‘n bewusmakingsveldtog van fietsryers gister in Khayelitsha gehou. Dit het sterk op die veiligheid van fietsryers gefokus. Die burgemeesterskomiteelid van Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê hulle bevorder die kultuur van veiliger en meer verdraagsame gedrag op paaie.