# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, het haar departement se verbintenis tot deursigtigheid, verantwoordbaarheid en gesonde finansiële bestuur herbevestig. Die oudituitkoms van die departement vir 2024/2025 is ‘n gekwalifiseerde ouditmening met bevindinge, terwyl die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid ‘n ongekwalifiseerde ouditmening ontvang het. Tolashe het voor die Parlement se portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling verskyn en die beduidende uitbreiding van die maatskaplike bystandsprogram benadruk, wat meer as 28-miljoen mense van hulp voorsien. Sysê by hulle bly gefokus op die bekamping van kinder- en volwassene-armoede.
Minister van Maatskaplike Ontwikkeling herbevestig verbintenis tot gesonde finansiële bestuur