# Gemengde gevegskuns: Billy Oosthuizen van Suid-Afrika is as die nuwe EFC tussentydse veergewigkampioen gekroon in die WSB EFC-arena in Johannesburg. Die hoofgeveg tussen Oosthuizen en die Zambiër Ken Sekeletu het in omstredenheid geëindig to Sekeletu in die derde ronde gediskwalifiseer is weens herhaalde onwettige houe. Sekeletu het die veergewigtitel in Maart teen Roedie Roets gewen. Oosthuizen, wat ‘n gesoute veteraan is met 15 gevegte in die EFC-kryt, kom nou te staan teen Boyd Allen of Vince Bembe.
Gemengde gevegskuns: Billy Oosthuizen van SA is die nuwe EFC tussentydse veergewigkampioen