# Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, advokaat Andy Mothibi, sê hulle beplan om sowat 900-miljoen-rand te verhaal van die sindikaat wat betrokke was by die verduistering van miljarde uit die Tembisa-hospitaal deur middel van bedrieglike verkrygingskemas. Luukse motors was onder die items wat gister tydens ‘n klopjag uit ‘n herehuis in Sandton gekonfiskeer is wat gekoppel is aan Tembisa-hospitaal se tendermagnaat, Hangwani Maumela. Hy het na bewering 41 maatskappye gebruik om 820-miljoen-rand oor twee jaar deur bedrieglike kontrakte te buit. Mothibi sê ‘n klopjag is ook by ‘n motorhandelaar in Mpumalanga uitgevoer:
SOE beoog om sowat R900-miljoen te verhaal van Tembisa-hospitaal sindikaat [KLANK]
ENG MothibiOnProbe