# Krieket: Suid-Afrika het haar tweede oorwinning van die Wêreldbekertoernooi vir vroue behaal deur die medegasvrou, Indië, met drie paaltjies te verslaan in Visakhapatnam. Richa Ghosh het 94 van 77 balle aangeteken en Indië is uitgeboul vir 251. Chloé Tryon het drie paaltjies geneem. Die Proteas het op 142 vir ses gewankel toe kaptein Laura Wolvaardt uit is vir 70. Die veelsydige Nadine de Klerk het toe na vore getree met ‘n briljante onoorwonne 84 lopies van net 54 balle om Suid-Afrika te laat wen met sewe balle oor.
Krieket: Protea-vroue klop Indië om tweede oorwinning by die Wêreldbeker te verseker