# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, se stafhoof, Cedric Nkabinde, het die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, se aansprake oor sy kwalifikasies as kwaadwillig afgemaak. Nkabinde sê Mkhwanazi het ‘n persoonlike vendetta teen hom en probeer om sy naam te beswadder. Hy hou vol hy het ‘n B.Tech-graad in polisiëring, jare se ervaring in ondersoeke en bestuur, en het voldoen aan al die vereistes deurr Menslike Hulpbronne en die Departement van Staatsdiens en Administrasie vir sy aanstelling as personeelhoof:
Mchunu se stafhoof Nkabinde sê Mkhwanazi se bewerings oor sy kwalifikasies is leuens [KLANK]
ENG-NkabindeOnMkhwanazi