Skip to content

Motorsport: Sainz vra TV-dekking van wedrenne in plaas van hulle meisies

# Motorsport: Williams se Spaanse Formule Een-renjaer, Carlos Sainz, dink televisie-dekking moet eerder fokus op wedrenne as op die bestuurders se meisies. Dit volg nadat kykers tydens die naweek se Grand Prix in Singapoer moes kyk na hoëprofiel-vriendinne en beroemde gaste terwyl van die aksie op die baan ignoreer is. Sainz se vordering van laaste tot die tiende posisie is onder meer nie gedek nie. Sy vriendin, die model Rebecca Donaldson, en ander renjaers se meisies het ‘n groot aanlyn-aanhang van hulle eie.