Skip to content

Padwedlope: Comrades-marathon 2026 bekendgestel onder slagspreuk “Ska Fela Moya”

# Padwedlope: Die Comrades Marathon-vereniging het die 2026 ultramarathon op 14 Junie tussen Durban en Pietermaritzburg die week amptelik by Comrades-huis bekendgestel. Tydens die seremonie is die Setswana slagspreuk, “Ska Fela Moya” of “Moenie opgee nie” ook bekendgestel. Daar is ook hulde gebring aan Cheryl Winn, ‘n voormalige wenner en Comrades-administrateur, wat onlangs oorlede is. Inskrywings open op 27 Oktober vir groennommeratlete en op 3 November vir die res. Die sluitingsdatum is 26 November en die aantal atlete word tot 22-duisend beperk. Die 2026 op-wedloop is die wedren se 99ste weergawe. en vier uithouvermoë, erfenis, en Suid-Afrikaanse veerkragtigheid.