# Rugby: Vier Springbokke – Makazole Mapimpi, Ethan Hooker, Vincent Koch en Bongi Mbonambi – is in die Haaie se groep ingesluit vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Leinster in Dublin. Mapimpi en Hooker is in die opdrafspan en Koch en Mbonambi op die bank. Die losskakel Siya Masuku keer ook terug op die bank en Jason Jenkins vervang Deon Slabbert op slot. Die Haaie se oorsese toer het begin met ‘n nederlaag teen Glasgow en ‘n gelykop-uitslag teen die Dragons.
Rugby: Vier Bokke ingesluit in die Haaie se groep vir wedstryd teen Leinster