# Die Metropolisie in Tshwane het gister 25 onwettige immigrante in Nellmapius, Pretoria-Oos, Bronkhorstspruit en Ezithobeni in hegtenis geneem. Dit was deel van die verskerpte optrede teen onwettige immigrante en verwante misdade. Twaalf is in hegtenis geneem vir aanwesigheid in die land sonder die nodige dokumente en 13 vir die oortreding van die Immigrasiewet. Die woordvoerder van die Tshwane Polisiedepartement, Isaac Mahamba, sê hulle is verbind tot die behoud van wet en orde, die versekering van openbare veiligheid en voldoening aan plaaslike regulasies.