# Krieket: Die Engelse kolwer Joe Root hou vol hulle kan hul tienjaar-lange As-droogte beëindig en dit uiteindelik weer huis toe bring na hul toer in Australië later vanjaar. Engeland het die As laas in 2015 gewen en hul laaste oorwinning in ‘n toetsreeks in Australië was in die 2010/11-seisoen. Die twee spanne het die mees onlangse reeks in Engeland 2-elk gedeel en Australië het die laaste drie toere tuis onderskeidelik 4-0, 4-0 en 5-0 gewen.
Krieket: Root glo Engeland kan vanjaar die As wen