# Die Internasionale Komitee van die Rooikruis berig meer as 80-persent van gesondheidsorgfasiliteite in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo, het hulle voorraad noodsaaklike medisyne uitgeput, met geweld wat onverpoosd voortduur. ‘n Vredesooreenkoms wat in Junie deur die VSA bemiddel is tussen die DRK en Rwanda, het nog nie in werking getree nie. Dit land se mineraal-ryke ooste word nou al vir 30 jaar deur konflikte verwoes, met die geweld wat vroeër vanjaar vererger het toe die M23 gewapende groep wat deur Rwanda ondersteun word, die belangrike stede van Goma en Bukavu oorgeneem het.
Rooikruis sê 80% van gesondheidsfasiliteite in DRK se noodmedisyne uitgeput