# Die jeuggeleide beweging wat agter die byna daaglikse betogings in Madagaskar is, sê “solank die onderdrukking voortduur” sal hulle nie ‘n vergadering bywoon wat president Andry Rajoelina vir later vandag belê het nie. Rajoelina het die openbare vergadering by die presidensiële paleis belê nadat ‘n weermaggeneraal vroeër die week as die nuwe eerste minister aangestel is, in ‘n poging om anti-regeringsonrus te onderdruk, wat reeds 22 lewens geëis het. Die betogings het begin na woede oor volgehoue krag- en watertekorte en gegroei tot ‘n breër anti-regeringsbeweging.
Betogers in Madagaskar sê hulle sal nie openbare vergadering met president Rajoelina bywoon nie