# Die hoof van die Europese Unie, Ursula von der Leyen, sê Europa moet sy verdediging versterk om Rusland se hibriede oorlogvoering teen te staan. Dit volg op ‘n reeks luginvalle, kuberaanvalle en skade aan ondersese kabels. Von der Leyen noem dit ‘n samehangende en verergerende veldtog teen Europa en sê die vasteland moet reageer. Die EU-lidlande Pole, Estland en Roemenië is onlangs geskud deur Russiese luginvalle, terwyl ongeïdentifiseerde hommeltuie in Denemarke, Duitsland en België opgemerk is.
EU-hoof sê Europa moet reageer op Rusland se hibriede oorlogvoering