Skip to content

Tennis: Djokovic veg terug en deur na kwarteindronde in Sjanghai

# Tennis: Novak Djokovic bly die gunsteling om sy rekord van vyf titels in die Shanghaise Ope in China te verbeter terwyl ander top-gekeurdes reeds onttrek het of uitgeskakel is. Hy het ondanks uitputting en ‘n enkelbesering na die kwarteindronde deurgedring met ‘n oorwinning in drie stelle oor Jaume Munar van Spanje. Die 38-jarige Serwiër het aan die begin van die beslissende stel gelyk of hy nie verder  kan speel nie, maar van iewers nuwe energie gekry om Munar te verslaan, wat tien jaar jonger as hy is.