# Die Vereniging van Staatsamptenare het kommer uitgespreek oor die Ouditeur-Generaal se bevindinge oor die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se jaarlikse prestasieverslag vir 2024/2025. Die Ouditeur-Generaal, Tsakani Maluleke, het wesenlike wanvoorstellings in sleutelgebiede geïdentifiseer, insluitend beplanning, beleid en strategie, vaardigheidsontwikkeling, en Tegniese en Beroepsonderwys en -opleiding. Claude Naicker van die vakbond sê dit is kommerwekkend dat gerapporteerde prestasies, soos die voltooiing van drie TVET-kampusse en die voorsiening van tweeduisend-471 studentebeddens, nie deur geloofwaardige bewyse ondersteun is nie:
Staatsdiensvakbond ontsteld oor Ouditeur-generaal se oudit van die Hoër Onderwysdepartement [KLANK]
ENG NaickerOnReports