Skip to content

38 motoriste die afgelope week in Kaapstad vir dronkbestuur in hegtenis geneem [KLANK]

# Wetstoepassingsagentskappe van die Stad Kaapstad het die afgelope week 197 mense in hegtenis geneem, insluitend drie maal soveel vir dronkbestuur as die vorige keer. Verkeersbeamptes het 38 mense vasgetrek vir bestuur onder die invloed van alkohol, teenoor 13 die vorige week. Altesaam 183 openbare vervoervoertuie is geskut en eenduisend-159 dagvaardings is uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê beamptes het ook tydens afskeidpartytjies op strande op 799 eenhede alkohol beslag gelê.

AFR SmithonTriple