# Die Parlement se ad hoc-komitee wat die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek, sal vandag met sy verhore begin. Mkhwanazi, wat die eerste getuie sal wees, het korrupsie, politieke inmenging en misdadige infiltrasie van die regstelsel beweer. Die Parlement het advokaat Norman Arendse as sy getuienisleier aangestel. Die voorsitter van die komitee, Molapi Soviet Lekganyane, het aan die SABC gesê dat Mkhwanazi se getuienis effens sal verskil van die een wat hy voor die Madlanga-kommissie van ondersoek afgelê het:
Nhlanhla Mkhwanazi verskyn vandag voor die Parlement se ad hoc komitee [KLANK]
ENG LekganyaneOnPowers