# Krieket: Die Protea-vroue jaag ‘n wenteiken van 232 in hulle Wêreldbeker-groepswedstryd teen Nieu Seeland in Indore, Indië. Nieu-Seeland se kaptein, die legendariese kolwer Sophie Devine, het die loot gewen en besuit om eerste te kolf, waarna Marizanne Kapp die eerste paaltjie met die heel eerste bal laat tuimel het. Devine het 85 van 98 balle aangeteken voodat sy een van Nonkululeko Mlaba se vier slagoffers geword het, met die laaste paaltjie wat in die 48ste boulbeurt geval het na uitstekende veldwerk deur Suid-Afrika.
Krieket: Proteas jaag ‘n wenteiken van 232 teen Nieu-Seeland in Indore