# Die Rooikruis sê hy staan gereed om gyselaars wat in Gaza in aanhouding is, na hulle families in Israel terug te besorg en om hulp aan die Gazastrook te lewer. Afgevaardigdes van Hamas, Israel en die Verenigde State sal na verwagting in Egipte byeenkom vir samesprekings wat beoog om die amper tweejaar-lange-oorlog in Gaza te beeïndig. Hamas en Israel het albei positief reageer op Amerikaanse President Donald Trump se voorstel vir die einde van gevegte en die vrylating van gyselaars in Gaza in ruil vir Palestyne wat in Israelse tronke aangehou word.
Die Rookruis is gereed om gyselaars tuis te bring en om hulp aan Gaza te verskaf