Skip to content

Johannesburg se kredietuitsig hersien van negatief na bestendig te midde van infrastruktuurbeleggings

# Die Stad Johannesburg verwelkom die besluit van die Globale Kredietgraderings-maatskappy om sy uitsig van negatief na bestendig te verander. Die stad se woordvoerder, Nkosana Lekotjolo, sê die uitsig is in Julie 2023 afgradeer na negatief weens gedempte inkomstegroei, stygende uitgawes en taamlike swak invorderingskoerse. Hy sê die jongste hersiening is ‘n noemenswaardige ommekeer, en onderstreep die positiewe gevolg van sterk leierskap, gesonde bestuur, verstandige finansiële bestuur, strenger interne beheer en doeltreffende gebeurlikheidsbeplanning.