Skip to content

Gauteng wapengeweld by kroeë onder die soeklig

# Die Gauteng Wetgewer se Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid veroordeel die noodlottige skietvoorval, Sondag by die Qedukoma Taverne in Bronkhorstspruit, waar vyf mense dood en ses gewond is. Voorsitter, Thebe Khumalo, sê die kommittee vra vir strenger vuurwapenbeheer, die ontwikkeling van wapen-spesifieke misdaadstatistiek, en geteikende ingryping om geweld in openbare plekke te beperk. Khumalo het die vinnige optrede deur wetstoepasing geloof, met die komittee wat sy verbintenis tot ‘n wapenvrye Suid-Afrika bevestig het.