# Atletiek: Die Suid-Afrikaners Puseletso Makobe en Simoné Kruger het albei goud verower op die laaste dag van die Wêreld-para-kampioenskap in Nieu-Delhi, Indië. Mabote het die T63 100-meter vir mans in ‘n byeenkoms-rekordtyd van 12.03-sekondes gewen, terwyl Kruger, die Paralimpiese gouemedaljewenner in skyfwerp in Parys, haar beste afstand dié seisoen gegooi het met 37,39-meter in die vroue se F-38-afdeling. Suid-Afrika het die kampioenskap afgesluit met vier medaljes – die twee goues en brons vir Cheryl James en Collen Mahlalela. China het die meeste medaljes, 52, ingepalm.
Atletiek: SA wen vier medaljes, waarvan twee goud, op Wêreld-parakampioenskap