Skip to content

Ramaphosa sê Eskom se terugkeer na winsgewendheid is bewys van waarde daarvan om op koers te bly

# President Cyril Ramaphosa sê die finansiële verbetering by Eskom getuig van die krag van vennootskappe, maar ook hoe belangrik dit is om met langtermyndoelwitte vol te hou, selfs in weerwil van kritiek. Die kragverskaffer het ‘n wins van 16-miljard-rand ná belasting vir die volle jaar tot Maart 2025 aangeteken, wat sy eerste wins in agt jaar is. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief selfs terwyl Eskom die pad na herstel voortsit, sal die regering die ander pilare van die Energie-aksieplan met ewe veel ywer aanpak.