Skip to content

Hugenote-tonnel in Boland steeds gesluit nadat bus brand [KLANK]

# Owerhede in die Wes-Kaap sê die Hugenote-tonnel op die N1 in die Boland bly gesluit. Dit volg nadat ‘n bus Vrydagnag in die tonnel aan die brand geraak en beduidende skade aan die infrastruktuur veroorsaak het. Duisende reisigers wat dié roete gereeld gebruik, is genoodsaak om alternatiewe roetes tussen Worcester en die Paarl te gebruik. Die waarnemende direkteur van Verkeerswetstoepassing in die provinsiale Departement van Beweeglikheid, Antoinette Fennie, sê die tonnel kan nie heropen word voordat strukturele beoordeling en herstelwerk afgehandel is nie:

ENG FennieOnTunnel