# ‘n CBS News/YouGov-peiling het bevind dat 39-persent van Amerikaners vir president Donald Trump en Republikeine in die Kongres die meeste blameer vir die federale regering se afsluiting. Die dooiepunt gaan hoofsaaklik oor verbeterde Obamacare-subsidies, wat Demokrate sê nou aangespreek moet word, maar die Republikeine voer aan die debat moet wag tot aan die einde van die jaar. Volgens die peiling glo 40-persent van Demokrate en 45-persent van Republikeine dat die partye se standpunte nie ‘n sluiting werd is nie. Nege-en-veertig-persent van Amerikaners is bekommerd oor die uitwerking van die regering se sluiting op die ekonomie.
Peiling toon kiesers in VSA plaas meer blaam op die Republikeine vir die regeringsafsluiting