# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het alle professionele en bilaterale betrekkinge met die Israelse Mediese Vereniging opgeskort. Die SAMV sê sy Israelse eweknie moet uit die Wêreld Mediese Vereniging verban word weens sy optrede te midde van die humanitêre krisis in Gaza. Die skorsing sal voortduur totdat die Israelse Mediese Vereniging die vrylating van Palestynse mediese personeel eis, die venietiging van Gaza se gesondheidsorg veroordeel en mediese toegang vir almal onder Israelse beheer verseker.