# Die Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing vier 80 jaar van innovasie met sy negende tweejaarlikse konferensie, wat vandeesweek by die WNNR-konvensiesentrum in Pretoria plaasvind. Die geleentheid, wat onder die tema Wetenskap, Tegnologie en Innovasie vir ‘n Volhoubare Toekoms gehou word, sal ook die agtste Globale Konferensie oor Volhoubare Tegnologie en Innovasie aanbied. Dit is ‘n eerste vir Afrika. Die uitvoerende hoof van die WNNR, Thulani Dlamini, sê dit stel navorsing wat volhoubare groei en globale vennootskappe dryf, ten toon.