# Die Nasionale Professionele Onderwysersorganisasie van Suid-Afrika in die Oos-Kaap, is bekommerd oor die toenemende krisis van verhoudings tussen onderwysers en leerders. Dit sluit in bewerings van swangerskappe en die druk om dit te beëindig. Die provinsiale uitvoerende hoof, Loyiso Mbinda, sê die vakbond onderrig opvoeders oor etiek en professionaliteit. Mbinda dring daarop aan dat die gedragskode van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders streng nagekom word en waarsku dat oortreders ontslag en deregistrasie in die gesig staar. Hy doen ‘n beroep op ouers en gemeenskappe om wangedrag aan te meld en leerders se veiligheid en waardigheid te beskerm.
NAPTOSA Oos-Kaap maak alarm oor seksuele wangedrag tussen onderwysers en leerders