# Telkom het grond ter waarde van 3,9-miljoen-rand aan die Departement van Basiese Onderwys geskenk om skoolinfrastruktuur in Gauteng en die Wes-Kaap te ondersteun. Die belofte is gemaak tydens ‘n vergadering wat deur die minister, Siviwe Gwarube, bygewoon is as deel van haar privaatsektor-betrokkenheidsveldtog. Telkom se Groephoof vir Korporatiewe Sake, Mpho McNamee, sê die maatskappy belê in volhoubare onderwysoplossings. Gwarube het die vennootskap verwelkom en dit as die sleutel bestempel vir infrastruktuur-agterstande en die verbetering van toegang tot gehalte-leeromgewings.
Telkom skenk grond ter waarde van R3,9-miljoen om skoolinfrastruktuur te versterk