Skip to content

Politieke partye maak belangrike aankondiging voor die plaaslikeregeringsverkiesing

# Verskeie politieke partye gaan vanmiddag in Rosebank, Johannesburg, ‘n aankondiging maak wat na verwagting Suid-Afrika se politieke landskap sal hervorm voor die 2026-plaaslikeregeringsverkiesing. Organiseerders sê die aankondiging sal van groot politieke belang wees en is daarop gemik om burgers hernude hoop te gee vir betekenisvolle verandering. Daar word verwag dat die inligtingsessie ‘n nuwe visie sal uiteensit vir die die Suid-Afrika wat mense wil hê en werklik verdien.