# Die lughawe in München, Duitsland het vlugbedrywighede Saterdagoggend verder vertraag weens hommeltuigwaarnemings. Dit volg na waarnemings vroeër alle verkeer by die lughawe vir etlike ure tot stilstand gebring het. Ongeveer ses-duisend passasiers is geraak deur die jongste voorval, met 23 vlugte wat herlei is en 58 kansellasies en vertragings. München bied tans sy beroemde Oktoberfest-bierfees aan, wat miljoene besoekers uit Duitsland en die buiteland lok. Die lughawe-sluitings het voor vandag se feesafsluiting plaasgevind. Europa is bekommerd oor herhaalde hommeltuigwaarnemings oor burgerlike en militêre lughawens in Denemarke, Duitsland en Noorweë.
Nuutste hommeltuigwaarnemings vertraag opening van München-lughawe voor Oktoberfest-afsluiting