Skip to content

Families bring hulde aan slagoffers van sinagoge-aanval in Manchester, polisie arresteer nog drie verdagtes

# Die families van die twee slagoffers van die aanval op die sinagoge in Manchester het hulde aan hulle gebring as helde. Adrian Daulby en Melvin Cravitz is Donderdag in die aanval by die Heaton Park-sinagoge in Crumpsall dood. Daulby is per ongeluk geskiet toe die polisie op die aanvaller Jihad al Shamie losgebrand het. Die polisie het nog ‘n man en twee vroue vir vermeende terreurmisdrywe in hegtenis geneem. Dit bring die getal verdagtes wat aangekeer is op ses te staan​. Die polisie het ook onthul dat die aanvaller op borgtog was weens ‘n vermeende verkragting.