# Rugby: Die Stormers het die Ospreys gister by die Kaapstad-stadion oortref en uitgestof, vir ‘n perfekte begin tot hul Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen. Die welkome 26-10 sege gee die Stormers twee oorwinnings in hul eerste twee wedstryde, met 9 uit ‘n moontlike 10 punte op die punteleer. Die Haaie en die Dragons het met 17-elk gelykop gespeel in hul VRK-botsing in Newport, Wallis. Die Bulle en Leinster sal mekaar vanmiddag om half-sewe op Loftus in Pretoria ontmoet, terwyl die Leeus na Italië gereis het vir hul kragmeting teen Zebre môremiddag.
Rugby: Stormers wen, Haaie speel gelykop, Bulle wag vir Leinster