# Die GOOD-party het die Pretoriase Hooggeregshof se besluit verwelkom om president Cyril Ramaphosa en die regering se poging af te wys om ‘n skadevergoedingsaak van 167-miljoen-rand deur apartheidslagoffers en die Stigting vir Menseregte, onbepaald uit te stel. Die party sê dit is belangrik vir die integriteit van Suid-Afrika se regstelsel dat die redes vir die vertagings in Waarheids- en Versoeningskommissie-sake aan die lig kom. GOOD het politieke inmenging veroordeel omdat dit ‘n kultuur van straffeloosheid bevorder en sê die uitspraak is ‘n kritieke stap in die rigting van verantwoordbaarheid.
GOOD Party verwelkom hofuitspraak in skadevergoedingsaak van apartheidslagoffers