# Die Hip-hop-magnaat Sean “Diddy” Combs is tot vier jaar tronkstraf gevonnis, ‘n boete van meer as agt-miljoen-rand opgelê en vyf jaar onder toesig vrygelaat. ‘n Jurie in New York het hom vrygespreek van afpersing en sekshandel, maar skuldig bevind op twee aanklagte van die vervoer van vroue vir prostitusie. Die Amerikaanse distriksregter Arun Subramanian het krediet gegee vir tyd wat reeds sedert September 2024 uitgedien is. Subramanian het gesê die vonnis dien as ‘n afskrikmiddel en stuur ‘n sterk boodskap dat geweld teen vroue aanspreeklikheid vereis.
Sean ‘Diddy’ Combs tot vier jaar tronkstraf gevonnis vir prostitusie-aanklagte