# Rugby: Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, verwag dat Argentinië vandag op Twickenham hard gaan terugveg tenspyte van verlede week se vernederende pakslae van 67-30. Die Springbokke hoop op ‘n tweede agtereenvolgende Rugbykampioenskapkroon. Die agtereenvolgende Wêreldbekerkampioene is met ’n enkele punt voor op die punteleer met die sesde en finale ronde van die suidelike-halfrond kampioenskap. Die Bokke begin die wedstryd, wat amptelik ‘n tuiswedstryd vir Argentinië is, as gunstelinge na hulle dominante vertoning verlede week in Durban. Die afskop is vanmiddag drie-uur, Suid-Afrikaanse tyd.
Kolisi verwag sterk Argentynse aanslag in beslissende wedstryd van Rugbykampioenskap