# Motorsport: Die veteraanrenjaer van Aston Martin, Fernando Alonso, was die vinnigste in die eerste oefensessie vir die Singapoer Grand Prix, met Charles Leclerc van Ferrari tweede en Max Verstappen van Red Bull, derde. Lewis Hamilton is vierde in die tweede Ferrari, voor die McLarens van die kampioenskapvoorloper Oscar Piastri, en Lando Norris. Die eerste oefening in Singapoer is baie keer slegs ‘n toetsrit vir die spanne terwyl die straatbaan ‘n rubberlaag opbou. Die oefening word ook in die dag gehou en dui nie werklik die vinnige renjaers aan nie met die kwalifiseringsrondes en die wedren wat onder spreiligte in die aand plaasvind.