# Dame Sarah Mullally is aangewys as die eerste vroulike Aartsbiskop van Kantelberg in die byna 500-jaar geskiedenis van die Kerk van Engeland. Sy het in haar eerste toespraak belowe dat sy in haar nuwe rol sal luister na oorlewendes en die kwesbares. Sy het gesê haat en rassisme van enige aard mag nie toegelaat word om mense uitmekaar te skeur nie. Die 63-jarige Mullally was vir sewe jaar die Biskop van Londen. Die Kerk was byna ‘n jaar sonder ‘n aartsbiskop, nadat Justin Welby bedank het oor sy versuim om ‘n reeks-kindermisbruiker aan te meld.
Kerk van Engeland stel eerste vroulike Aartsbiskop van Kantelberg aan