# Sokker: Die doelwagter van Liverpool, Alisson Becker is uit tot na hierdie maand se internasionale breek, wat afrigter Arne Slot ‘n reusehoofpyn besorg terwyl hy probeer om sy span van ‘n mini-ineenstroting te red. Die Reds het nederlae teen Crystal Palace in die Premierliga en Galatasaray in the Kampioeneliga gely nadat hulle die seisoen begin het met sewe agtereenvolgende oorwinnings. Alisson is in die 56ste minuut van Dinsdag se wedstryd deur Giorgi Mamardashvili vervang na ‘n dyspierbesering. Slot het bevestig sy nommer een doelwagter sal nie dié naweek teen Chelsea speel nie.
Sokker: Liverpool-doelwagter Alisson uit tot na die internasionale breek