Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 3 Oktober 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Sokker: Amajita het teruggeveg na Maandag se 2-0 nederlaag teen Frankryk en by die onder-20 Wêreldbeker vir New Caledonia 5-0 verslaan vir hulle grootste oorwinning nog by die toernooi. Siviwe Nkwali het die eerste doel aangeteken het. Shakeel het ‘n strafskop verdoel en Siviwe Magidigidi het nog ‘n doel voor rustyd aangeteken. Magidigidi het sy tweede doel na rustyd aangeteken en Lazola Maku het gesorg vir die laaste doel. Die oorwnning plaas Suid-Afrika derde in groep E met drie punte. Amajita speel Sondagaand in Chile teen Amerika, die span bo-aan die groep.
# Tennis: Novak Djokovic, wat al 24 grand slam toernooie gewen het, sê dat gesprekke oor die hersiening van die toerskedule duur nou al vir 15-jaar voort, maar spelers is nie verening om ‘n verandering teweeg te bring nie, hoofsaaklik uit eie-belang. Top spelers soos Carlos Alcaraz, Coco Gauff, en Iga Swiatek het al kritiek uitgespreek oor die veeleisende skedule en die aantal toernooie waarin hulle elke jaar speel. Djokovic sê die spelers belê nie genoeg tyd en energie daarin om te probeer die veranderings te laat gebeur nie:
# Motorsport: Die voorloper in die F1-bestuurderskampioenskap, Oscar Piastri, sê hy het geleer uit sy foute in Baku. Die renjaer is in die eerste ronde van die Azerbeidjan Grand Prix van die baan af nadat hy dieselfde fout in die kwalifiseringsrondes gemaak het. Sy spanmaat Lando Norris het sy agterstand in die wedloop vir die bestuurderstitel tot 25 punte vernou, voor die aanvang van die Singapoer Grand Prix hierdie naweek. Piastri sê hy sal nie die foute wat hy in Baku gemaak het, herhaal nie:
# Gholf: Die Suid-Afrikaners Louis Oosthuizen, Herman Loubser, Michael Hollick en Richard Sterne het almal ‘n goeie begin gehad by die Alfred Dunhill Links-kampioenskap in Skotland. Die vier is net twee houe agter die voorlopers, Matthew Jordan van Engeland, die Amerikaner Ryan Brehm en Darius van Driel van Nederland op nege onder baansyfer. Van hierdie vier het Sterne naaste daaraan gekom om die titel te wen toe hy in 2016 gelykop tweede was. Branden Grace het die toernooi in 2012 gewen, die enigste Suid-Afrikaner wat dit nog kon regkry.
En in nog Gholfnuus: Die uitvoerende hoof van die Amerikaanse PGA, Derek Sprague, sê hy beplan om verskoning te vra aan Rory McIlroy en die res van Span Europa vir die slegte behandeling wat hulle verduur het by die Ryderbeker by Bethpage Black. McIlroy is verbaal aangeval en sy vrou, Erica, is deur ‘n bottel getref wat deur ‘n Amerikaanse toeskouer gegooi is. Europa het die VSA 15-13 geklop en die Ryderbeker gewen. Sprague het aan Golf Channel gesê dit is jammer dat sommige ondersteuners te ver gegaan het:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….