# Die Vryheidsfront Plus sê die Stad Tshwane se keuse en voortgesette gebruik van regsgeleerdes wat min sukses behaal, wek kommer. Volgens ‘n verslag wat die metro se Afdelingshoof vir Regsverteenwoordiging saamgestel het, is daar tans drie-duisend-473 onopgeloste regsake. Die finansiële bedrag betrokke by hierdie sake, sommige so ver terug as 2008, is meer as 12,5-miljard-rand. Johan van der Spuy van die VF Plus sê basiese dienste word afgeskeep terwyl miljoen verkwis word op regsaksies wat vermy kan word.
VF Plus kritiseer Tshwane vir mors van miljoene op regsaksies