# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het teruggekap na ʼn voormalige getuienisleier van die Madlanga-kommissie, advokaat Terry Motau. Sy sê hy moet die ware redes vir sy onttrekking gee en ophou vingers wys. Motau voer aan begrotingskwessies en vrese oor begrotingstekorte het sy besluit om aan die kommissie te onttrek, beïnvloed. Daar is 147-miljoen-rand aan die kommissie toegeken. Die departement se woordvoerder, Terrence Manase, sê begrotingskwessies wat met die kommissie verband hou, is behoorlik bestuur en oorgedra:
Minister Kubayi verduidelik advokaat Motau se opmerkings oor Madlanga-kommissie se begroting [KLANK]
ENG TerrenceonMotau