# Krieket: Die Vroue-Proteas begin vandag in Guwahati hul 50-boulbeurt Wêreldbeker-veldtog teen die viermalige kampioene, Engeland. Engeland is tans derde op die wêreldranglys vir die Eendagkompetisie na die verdedigende kampioene Australië en mede-gasvroue, Indië. Suid-Afrika is vyfde op die ranglys agter Nieu-Seeland. Die Proteas het die halfeindrondes in die laaste twee toernooie bereik en ook die eindwedstryd van die vorige twee T20 Wêreldbekers gehaal. Kaptein Laura Wolvaardt wil hê haar spelers moet hierdie keer die beker verower, en sê die span is vol selfvertroue.
Krieket: Proteas begin vandag hul Wêreldbeker-veldtog teen Engeland