# Die polisie in Middelburg, Mpumalanga, het ‘n intensiewe ondersoek begin na die ontdekking van twee verminkte liggame op ‘n plot in die Kranspoortgebied langs die N11 Groblersdalpad. Die slagoffers is nog nie geïdentifiseer nie. Die woordvoerder van die polisie, Fundiswa Maphanga, het bevestig ‘n moordsaak is geopen en drie verdagtes is vir ondervraging in hegtenis geneem. Die waarnemende provinsiale kommissaris, Zeph Mkhwanazi, veroordeel die moorde en belowe geregtigheid. Maphanga moedig die publiek aan om met inligting na vore te kom:
Middelburg-polisie ondersoek dubbele moord op Kranspoortplot [KLANK]
ENG-MaphangaOnMurder