# Rugby: Die Bulle het twee van hulle vroeë uitblinkers verloor met Jan Serfontein en Cheswill Jooste wat albei in verlede naweek se openingswedstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Ospreys beseer is. Vir hierdie naweek se wedstryd teen die kampioene, Leinster, word Serfontein se plek ingeneem deur die ervare Harold Vorster. Sebastian de Klerk skuif na regtervleuel om plek te maak vir Stravino Jacobs aan die linkerkant. As gevolg van Cobus Wiese se kopbeseringondersoek verlede week, is Nicolaas Janse van Rensburg in die beginspan met Sintu Manjezi wat ‘n plek op die bank kry.
Rugby: Bulle maak gedwonge agterlynveranderinge vir VRK-stryd teen Leinster