# Rugby: Argentinië se hoofafrigter, Felipe Contepomi, het volle vertroue in sy onervare skakelpaar vir Saterdag se laaste Rugbykampioenskapswedstryd teen Suid-Afrika op Twickenham. Die skrumskakel Simon Benitez Cruz speel in sy tweede toets in die plek van die beseerde Gonzalo Garcia. Die losskakel Geronimo Prisciantelli maak sy buiging nadat Contepomi die Pumas se agterlyn herrangskik het, met Santiago Carreras wat van losskakel na heelagter skuif. Die gereelde losskakel Tomas Albornoz is beseer toe hy verlede naweek van die bank opgedraf het tydens die vernederende nederlaag teen die Springbokke in Durban.
Rugby: Argentinië kies onervare skakelpaar teen die Bokke op Twickenham